Description
Hierdie boek is ‘n sleutel tot Vader se hart, ‘n heilige ruimte waar jou hart kan genees en jou siel kan blom. Met Hervorm deur Sy liefde kan jy die gebreekte stukke van jou hart vir God gee en saam met Hom ‘n nuwe hart ontvang.
• Wat jy in die boek sal vind:
• Diep vrae en selfondersoek
• Praktiese riglyne om jou te help
• Voorbeelde uit die Woord
Die hart van hierdie boek is eenvoudig: kom na God met die gebroke dele van jou hart, en ervaar hoe Sy liefde jou heel maak.
Testimonies
• “Tussen die blaaie van hierdie boek het God werklik begin om my hart te kom hervorm en ek het opreg uitgesien na die Journaling en die self ondersoek gedeeltes het regtig vir my deure oop gemaak om moeilike en seer gedeeltes van my eie gebroke hart aan te spreek. Deur elke stuk deur te werk kom hervorm God self jou gebroke hart en kan ek getuig dat Esegiel 36:26 absoluut met my hart gebeur het waar God ‘n hart van klip, vrot van self haat en afguns besig is om te genees, te herstel en te hervorm in liefde vir Hom bo alles eerste en die vloei uit in alle verhoudings wat ek nou het. “
• “Toe ek die boekie as ‘n geskenk ontvang het, het ek nie besef hoe diep dit my lewe sou verander nie. Daar waar ek gedink het ek is heel, het ek begin die gebreekte dele in my hart raaksien—dinge wat ek vermy het, oortuig dat ek dit verwerk het.
Hierdie reis het my uitgedaag om die waarheid in die oë te kyk, om te erken wat ek vir so lank weggestoot het. Dit is verseker ‘n pad na heelmaking, maar een waar jy saam met God werk—nie net agteroor sit en wag dat Hy alles vir jou doen nie. Sy liefde vorm, genees en versterk—as jy bereid is om die proses te omarm.”




Reviews
There are no reviews yet.